# Die veroordeelde Australiese moordenaar Erin Patterson gaan appelleer teen haar skuldigbevinding aan moord op drie mense met giftige sampioene. Die 51-jarige is verlede maand tot lewenslange tronkstraf gevonnis met ‘n verbod op parool vir 33 jaar. ‘n Jurie het haar skuldig bevind aan die moord op drie familielede en poging tot moord op ‘n vierde nadat sy in 2023 aan hulle Beef Wellington met giftige sampioene voorgesit het. Sy het onskuldig gepleit. Patterson se regspan het 28 dae waarin hulle die aansoek om appèl moet finaliseer.
Australiese sampioenmoordenaar appelleer teen haar skuldigbevinding