# Die vakverbond, Saftu, sê hy veroordeel diegene wat op opportunistiese wyse migrante blameer vir die land se ekonomiese krisis, swak dienslewering, die hoë werkloosheidsyfer en ineenstorting van die gesondheidstelsel. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het onlangs bevraagteken of metro’s kan bekostig om gratis dienste aan ongedokumenteerde buitelanders te lewer. Asive Dyani van Saftu sê om die skuld vir die land se probleme op ongedokumenteerde immigrante te pak, is ʼn politieke strategie wat die argitekte van besnoeiings en die begunstigdes van korrupsie van aanspreeklikheid te vrywaar:
Saftu sê om migrante vir Suid-Afrika se probleme te blameer, is ’n leuen [KLANK]
ENG AsiveonScapegoating