# Tennis: Die veteraan-Fransman Gaël Monfils beplan om aan die einde van volgende jaar uit te tree. Die 39-jarige voormalige wêreld-nommer-ses het in sy loopbaan 13 ATP-toertitels ingepalm, die laaste in Auckland, Nieu-Seeland, in Januarie – byna twee dekades na sy eerste titel in Pole in 2005. Monfils het twee Grand Slam-eindstryde bereik – die Franse Ope in 2008 en die Amerikaanse Ope agt jaar later. Die gewilde speler sê hy koester die voorreg dat hy sy passie kon omskep in ‘n loopbaan van 21-jaar.
Tennis: Monfils wil einde volgende seisoen uittree