# Die DA in Gauteng sê City Power se onvermoë om kragonderbrekings vinnig te herstel, is die gevolg van die Stad Johannesburg se eie finansiële wanbestuur. Die metro het die kragverskaffer einde Augustus byna twee-miljard-rand geskuld. Tyrell Meyers van die DA sê City Power het geen beskikbare voorraad mini-substasies nie omdat die voorsieningskontrak verval het en ‘n nuwe verkrygingsproses steeds onvolledig is. Hy sê die ineenstorting van City Power is ‘n regstreekse gevolg van die ANC/EFF/PA-koalisie wat nie die leierskap en visie het om die metro te bestuur nie.
DA in Gauteng sê die ANC/EFF/PA-koalisie moet die skuld kry vir City Power se ineenstorting