# Sokker: Die 42-jarige doelwagter, Craig Gordon, is ingesluit in Skotland se groep vir die tuis Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryde teen Griekeland en Belarus. Dis die eerste keer dat hy weer speel nadat hy vroeg in Mei ‘n nekbesering opgedoen het. Gordon het al 81 keer vir sy land gespeel. Skotland het vier punte in die kompetisie na ‘n doellose uitslag teen Denemarke, gevolg deur ‘n 2-nul oorwinning oor Belarus. Hulle speel teen Griekeland op die 9de van hierdie maand in Glasgow, gevolg deur ‘n wedstryd teen Belarus in dieselfde stad op die 15de.
Sokker: 42-jarige doelwagter, Craig Gordon, kan vir Skotland in Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryde speel