# Krieket: Die ervare Australiese veelsydige speler Glenn Maxwell gaan die T20-reeks in Nieu-Seeland misloop nadat hy sy arm in ‘n fratsongeluk gebreek het. Hy het in die nette geboul toe ‘n hou van Mitchell Owen hom getref het. Die 36-jarige Maxwell is geneig tot eienaardige beserings. Hy het in 2022 sy been gebreek toe ‘n vriend by ‘n partytjie daarop geval het, en ‘n jaar later harsingskudding opgedoen toe hy van ‘n gholfkarretjie afgeval het. Die paaltjiewagter-kolwer Josh Philippe sal Maxwell in die groep vervang vir die drie T20-wedstryde.
Krieket: Nog ‘n fratsongeluk hou Maxwell uit die T20’s teen Nieu-Seeland