Nuus 16:00
BULLETIN 30 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party eis die onmiddellike inhegtenisneming van Ramaphosa se neef oor korrupsie by die Tembisa-hospitaal
# Minstens drie kinders sterf na ‘n skoolgebou in Indonesië intuimel
# En tennis: Osaka en Swiatek vra korter seisoene om spelers se gesondheid te beskerm
# Die MK-party vra die onmiddellike inhegtenisneming van president Cyril Ramaphosa se neef, Hangwani Maumela, ná die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag oor korrupsie en plundering by die Tembisa-hospitaal in Gauteng. Die verslag betrek Maumela en die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala by bedrieglike kontrakte en oorhandig ‘n saak wat gereed is vir vervolging aan die Nasionale Vervolgingsgesag. MK se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê geregtigheid sal slegs geskied wanneer die grootkoppe in hierdie misdaadnetwerke aanspreeklik gehou word:
# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, sê volgens WhatsApp-rekords het die sakeman, Brown Mogotsi, gereeld by Vusimuzi “Cat” Matlala inligting probeer kry oor die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se aangeleenthede, hofverwikkelinge en vermeende betalings aan politici. Khumalo het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria gesê volgens die boodskappe was Mogotsi geïnteresseerd in die monitering van ondersoeke en regsoptrede rakende die vermeende kartel, wat dui op pogings om uitkomste te beïnvloed en ingelig te bly oor wetstoepassing:
# Die Progressive Forces of South Africa het die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en die Gautengse kommissaris, Tommy Mthombeni, versoek om ondersoek in te stel na die dood van die voormalige Zambiese president Edgar Lungu op Suid-Afrikaanse bodem. Die Nasionale Strategiese Organiseerder, Bonang Letsokoane, noem familie- en politieke kommer oor moontlike vergiftiging. Sy waarsku ‘n vertraging of gebrek aan optrede kan die integriteit van Suid-Afrika se regstelsel benadeel en beklemtoon die land se wettige plig om verdagte sterftes te ondersoek:
Nuus uit die buiteland:
# Reddingswerkers in Oos-Java, Indonesië, is gewikkel in ‘n verbete stryd om 38 mense te vind wat vermoedelik vasgekeer is in die puin van ‘n skoolgebou wat ingetuimel het. Beamptes sê drie kinders is dood en 99 is in die hopitaal, sommige met uiters ernstige beserings, terwyl die dodetal na verwagting sal styg. Baie van die vasgekeerdes is tienerseuns wat vir gebede byeengekom het. Volgens berigte het die tweeverdiepinggebou ‘n onbestendige fondament gehad wat nie die gewig kon dra van nog twee verdiepings wat in aanbou was nie.
# Tennis: Die Amerikaner Coco Gauff vra korter seisoene en sê dis onmoontlik om meer te speel as wat sy reeds doen. Dit volg nadat Iga Swiatek van Pole haar ook teen die aantal toernooie uitgespreek het. Hulle het tydens die Chinese Ope gepraat waar vyf spelers gister onttrek het met beserings. Die eerste-gekeurde Swiatek het gister gesê sy mag moontlik verpligte toernooie misloop om haar gesondheid te beskerm. Die aantal wedstryde op die mans- en vrouekalender het die laaste paar jaar ‘n groot beprekingspunt geword.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-27-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-87-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-813-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….