# Tennis: Die Amerikaner Coco Gauff vra korter seisoene en sê dis onmoontlik om meer te speel as wat sy reeds doen. Dit volg nadat Iga Swiatek van Pole haar ook teen die aantal toernooie uitgespreek het. Hulle het tydens die Chinese Ope gepraat waar vyf spelers gister onttrek het met beserings. Die eerste-gekeurde Swiatek het gister gesê sy mag moontlik verpligte toernooie misloop om haar gesondheid te beskerm. Die aantal wedstryde op die mans- en vrouekalender het die laaste paar jaar ‘n groot beprekingspunt geword.
Tennis: Gauff sluit aan by Swiatek om korter seisoene te vra