# Die DA kritiseer die Stad Tshwane oor vertragings in die verbetering van veiligheid op Lynnwoodweg. Die party het ‘n versoekskrif van stapel gestuur wat basiese veiligheidsverbeterings, funksionele straatligte en voltooide padmerke vir die gevaarlik verwaarloosde Lynnwoodweg eis. Dikeledi Selowa van die DA sê, ondanks die metro se bewering dat werk aan die padmerke aan die gang is, het ‘n terreinbesoek verlede Vrydag getoon dat geen werk gedoen word nie: