# Sokker: Suid-Afrika se Amajita het met 2-1 die onderspit gedelf in hulle Groep E-openingswedstryd van die Fifa Onder-20 teen Frankryk in Chile. Anthony Bermont van Frankryk het die span se eerste doel in die 25ste minuut aangeteken om hulle te laat voorloop. Suid-Afrika het die telling gelyk gemaak danksy ‘n strafskop wat deur Jody Ah Shene in die 33ste minuut verdoel is. Frankryk se ster-voorspeler Lucas Michal se doel in die 80ste minuut was die wendoel. Amajita sal Vrydag terug in aksie wees teen Nieu-Kaledonië en pak Amerika Sondag.
Sokker: Amajita verloor teen Frankryk in hulle Onder-20 Wêreldbeker-openingswedstryd