Skip to content

Sokker: Minister McKenzie sê Bafana Bafana se Fifa-sanksie sal ondersoek word

# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê Fifa se besluit om drie punte by Bafana Bafana af te trek in die Wêreldbeker-kwalifiseerders, is uiters teleurstellend. Suid-Afrika word gestraf omdat hy in Maart ʼn speler wat nie kwalifiseer nie, Teboho Mokoena, in die wedstryd teen Lesotho gebruik het. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging moet 215-duisend-rand betaal, terwyl Mokoena ʼn waarskuwing ontvang het. Mckenzie sê sy departement sal ʼn deeglike ondersoek instel na die onbevoegdheid wat tot die straf gelei het.