# Rugby: Argentinië het die dienste van Tomas Albornoz en Gonzalo Garcia verloor vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapstoets teen die Springbokke op Twickenham. Hulle word vervang deur Gonzalo Bertranou en Nicolas Roger. Albei spanne het uit Durban na Engeland vertrek na die Springbokke se oorwinning van 67-30 die afgelope naweek. Los Pumas kan na die nederlaag nie meer die kompetisie wen nie, maar die Bokke, die All Blacks en die Wallabies het nog ‘n kans om te wen. Nieu-Seeland en Australië speel vroeër Saterdag teen mekaar in Perth.
Rugby: Pumas verloor twee spelers voor wedstryd teen die Springbokke op Twickenham