# Die DA eis aanspreeklikheid ná berigte oor mishandeling en die oorbevolking van psigiatriese pasiënte by die Dr. George Mukhari Akademiese Hospitaal in Tshwane. Die DA se woordvoerder, Madeleine Hicklin, sê pasiënte word ingeprop in sale wat uitmekaar val ten spyte van ‘n voltooide opknappingsplan wat in 2022 ingedien is. Hicklin beklemtoon ernstige personeeltekorte, swak infrastruktuur en ellendige toestande. Sy versoek dringende goedkeuring van die plan, personeelaanstellings en aanspreeklikheid deur die leierskap in Gauteng:
DA eis optrede oor mishandeling van psigiatriese pasiënte by George Mukhari Hospitaal [KLANK]
ENG-HicklinOnHospital