Skip to content

Sokker: Spelersvakbond waarsku oor uiterste hitte tydens 2026 se Wêreldbekertoernooi

# Sokker: Die internasionale spelersvakbond FIFPro waarsku oor die gevare om in uiterste hitte te speel tydens volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Amerika, Mexiko en Kanada. Die toernooi volg op die Klubwêreldbekertoernooi wat vanjaar in Junie en Julie in Amerika plaasgevind het. Baie van die wedstryde is in die middae gespeel toe temperature dikwels ver bo 30 grade Celsius gestyg het. Alexander Bielefeld van FIFPro noem die toernooi ‘n wekroep ten opsigte van ‘n warmer planeet.