Skip to content

Sokker: Amajita skop FIFA o.20 Wêreldbekerveldtog af teen Frankryk

# Sokker: Die Amajita van Suid-Afrika begin hulle FIFA onder-20 Wêreldbekerveldtog vandag in Chili by die Estadio El Teniente met ‘n Groep E-wedstryd teen Frankryk. Dit is die eerste keer dat die span die toernooi as Afrika-kampioene begin. Die afrigter, Raymond Mdaka, sê sy span is vasberade om hulle beste te lewer ten spyte van beperkte tyd vir voorbereiding. Amajita, wat vir die vyfde keer in die Wêreldbeker speel, speel ook teen die VSA en nuwelinge Nieu-Kaledonië. Hulle beste vertoning was in 2009 toe hulle die ronde van 16 bereik het. Afskop is om 10nm.