# Gautengse polisie het die naweek in vyf distrikte een-duisend-567 verdagtes vasgetrek as deel van Operasie Shanela. Die verdagtes se misdade sluit in dwelmhandel, besit van gesteelde eiendom, oortreding van die Immigrasiewet en dronkbestuur. ‘n Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê van die totale inhegtenisnemings, is een-duisend-378 misdadigers wat gesoek is vir misdade soos moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, verkragting en roof: