Skip to content

Madlanga-kommissie sal nie kommentaar lewer oor berigte dat die getuienisleier Motau wil bedank

# Die Madlanga-kommissie van ondersoek het geweier om te bevestig of sy getuienisleier, advokaat Terry Motau, glo versoek het om die kommissie te verlaat. Dit volg minder as twee weke nadat die ondersoek op 17 September begin het. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Jeremy Michaels, sê hulle gaan nie interne personeelaangeleenthede in die openbaar bespreek nie. Hy het bygevoeg die kommissie se fokus is op sy werk, om ondersoek te doen na die ernstig bewerings dat Suid-Afrika se wetstoepassingsagentskappe geïnfiltreer en onbehoorlik beïnvloed word deur misdaadsindikate en dwelmkartelle.