Skip to content

Moldawië se pro-EU-party op dreef om meerderheid in Parlement te behou 

# Moldawië se regerende pro-Europese party, gelei deur president Maia Sandu, gaan waarskynlik ʼn belangrike parlementêre verkiesing wen wat oorskadu is deur bewerings van Russiese inmengery. Met 96-persent stemme reeds getel, loop Sandu se Party van Aksie en Solidariteit voor met 46,6-persent van die stemme teenoor die pro-Russiese Patriotiese Verkiesingsblok se 26,6-persent. Peilings toon Sandu sal moontlik die grootste party bly, maar kan uitdagings ondervind met ʼn belofte om binne ʼn dekade lid van die Europese Unie te word.