Skip to content

Zelensky veroordeel Russiese lugaanval wat hy as veragtelik en barbaars beskryf  

# Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Rusland se lugaanval as ʼn veragtelike, barbaarse aanval beskryf. Moskou het die naweek 600 hommeltuie en missiele op teikens in Kiëf afgevuur. Minstens vier mense is dood en sowat 70 is beseer. Dit was volgens die Oekraïnse lugmag die derde grootste aanval sedert die begin van die volskaalse Russiese inval in Februarie 2022. Zelensky sê Moskou wil aanhou veg en doodmaak en verdien die grootste druk van die wêreld.