Skip to content

Gautengse adjunk-polisiekommissaris aangestel om toesig te hou oor ondersoek na Murray- en Van Niekerk-moordsake

# Die waarnemende adjunk-nasionale polisiekommissaris, Khasi Senthumule, het die adjunk-provinsiale kommissaris van Gauteng, Mbuso Khumalo, aangestel om toesig te hou oor ‘n dubbelmoordondersoek. Dit handel oor die moord op pa en seun, Cloete en Thomas Murray, en die moord op prokureur Bouwer van Niekerk. Die Murray-skietery het in Maart 2023 langs die N1 tussen Johannesburg en Pretoria plaasgevind. Van Niekerk is vroeër vandeesmaand in die kantoor van SmithSew-prokureurs in Sandton doodgeskiet.