Skip to content

EU-lande begin gesprekke oor voorstelle vir bou van anti-hommeltuig-verdediging

# EU-lande het begin met gesprekke rondom voorstelle om ‘n “muur” van anti-hommeltuig-verdediging te bou, nadat luginvalle vanuit Rusland oostelike lede ontsenu het. Daar was die afgelope dae verskerpte fokus op die bedreiging vir Europa se lugruim met lughawens in Denemarke wat moes sluit oor ongeïdentifiseerde hommeltuie. Die president van die EU, Ursula von der Leyen, was die eerste om te vra vir ‘n “hommeltuigmuur” tydens ‘n toespraak vroeër vandeesmaand, ure nadat NAVO Russiese hommeltuie in Pole afgeskiet het. Sy sê dit moet ‘n Europese vaardigheid wees wat saam ontwikkel, saam ontplooi, en intyds kan reageer.