# Tennis: Die agtste gekeurde Daniil Medvedev van Rusland is deur na die laaste 16 van die China Ope nadat hy Cameron Norrie van Engeland met 6-3, 6-4 uitgeskakel het. Die dag het egter ook sy kwota verrassings opgelewer met die Italianer Flavio Cobolli wat die sesde gekeurde Andrey Rublev met 7-6, 6-3 geklop het. Die topgekeurde Jannik Sinner van Italië is gemaklik deur nadat hy die Kroaat Marin Cilic met 6-2, 6-2 geklop het. Ander wenners sluit in Alexandre Müller, Terence Atmane, Alejandro Davidovich Fokina en Fabian Marozsan.
Tennis: Medvedev dring deur, Rublev uitgeskakel op dag 4 van China Ope