# Die voormalige president, Nicolas Sarkozy sal Frankryk se eerste na-oorlogse leier word om tronk toe te gaan, nadat ‘n hof hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis het oor ‘n skema waarin die oorlede Libiese diktator Moammar Kadhafi, Sarkozy se presidensiële verkiesing in 2007 befonds het. Die hof het hom skuldig bevind op aanklagte van misdadige sameswering, maar hy is vrygespreek op aanklagte van korrupsie. Die hof het gelas dat Sarkozy op ‘n latere datum in aanhouding geplaas moet word en aanklaers het ‘n maand tyd om hom in kennis te stel wanneer hy tronk toe moet gaan.
Sarkozy sal Frankryk se eerste na-oorlogse leier word wat tronk toe gaan