Skip to content

Voormalige Franse president Sarkozy skuldig bevind aan kriminele sameswering gekoppel aan Kadhafi

# ‘n Franse hof het die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy skuldig bevind op aanklagte van kriminele sameswering, maar het hom vrygespreek op klagtes dat hy onwettige veldtogfinansiering aanvaar het. Die hofsaak spruit uit beskuldigings dat die oorlede Libiese diktator Moeamer Kadhafi gehelp het om sy suksesvolle presidensiële veldtog in 2007 te befonds. Die saak is die nuutste van ‘n aantal regsprobleme vir die 70-jarige voormalige leier. Sarkozy, wat president was vanaf 2007 tot 2012, is reeds skuldig bevind op twee aparte aanklagte en is gestroop van Frankryk se hoogste eerbewys.