Skip to content

Omstrede voormalige DA-LP, Renaldo Gouws sluit aan by Vryheidsfront Plus

# Die voormalige DA-parlementslid Renaldo Gouws het byna ‘n jaar na hy oor ‘n rassisme-skandaal uit die party geskop is, amptelik by die Vryheidsfront Plus aangesluit. Die DA het hom in September 2024 geskors nadat ‘n video te voorskyn gekom het waar hy rassistiese uitsprake maak. Gouws het later ‘n openbare verskoning uitgereik. Die VF Plus het hom verwelkom, en verwys na sy politieke ondervinding en sosialemedia-teenwoordigheid. Gouws sê die party se waardes van vryheid, selfbeskikking, en minderheidsregte is in lyn met sy persoonlike oortuigings.