# Rugby: Argentinië se kanse om vir ‘n verrassing in die Rugbykampioenskap te sorg, soos wat hulle in 2015 in Durban vermag het, het ‘n hupstoot gekry. Losskakel, Tomas Albornoz, het by die groep aangesluit en sal waarskynlik in die beginvyftiental wees in Durban vir die wedstryd teen die Bokke. Albanoz is ‘n groot rede waarom Felipe Contepomi se span soveel aansien geniet. Wat hom ‘n uitblinker maak, is sy vermoë om die agterlyn aan die gang te kry en om gate in teenstanders se verdediging te kloof.
Rugby: Argentinië kry reusehupstoot met die terugkeer van losskakel Tomas Albornoz