# Die Franse vloot het beslag gelê op byna 10 ton kokaïen ter waarde van meer as 10-miljard-rand op ‘n vissersboot langs die kus van Wes-Afrika. Die beslaglegging deur twee vlootskepe, het gevolg ná ‘n wenk deur anti-dwelm- en maritieme intelligensie-owerhede en die Britse polisie. Die vlootsending is reeds sedert 1990 in die Golf van Guinee ontplooi om veiligheid te verseker in ‘n gebied waar seerowery redelik algemeen voorkom. Meer as 45 ton dwelms is teen die einde van Augustus onderskep en beslagleggings vir 2025 het reeds ‘n rekordaantal bereik.
Franse vloot lê beslag op 10 ton kokaïen langs kus van Wes-Afrika