Skip to content

Meer as 90 onwettige strukture by Mabopane-stasie gesloop 

# Altesaam 95 onwettig-opgerigte strukture is by die Mabopane-stasie gesloop tydens ‘n wetstoepassingsoperasie. Die Tshwane Metropolisie-woordvoerder, Isaac Mahamba, sê alle strukture is gesloop in ooreenstemming met die stad se verordeninge. Hy sê die publiek word versoek om die riglyne te volg wanneer hulle strukture wil uitbrei of oprig, aangesien dit sonder toestemming ernstige gevolge kan veroorsaak. Hy voeg by 13 ongedokumenteerde immigrante is in hegtenis geneem en aangekla van die oortreding van die Immigrasiewet.