Skip to content

Britse minister van Gesondheid sê hy vertrou dokters eerder as vir Trump

# Die Britse minister van Gesondheid, Wes Streeting, sê daar is “geen bewyse” vir Donald Trump se bewering dat daar ‘n verband is tussen die gebruik van parasetamol en outisme nie. In antwoord op Trump se bewering het Streeting aan ITV gesê daar is geen verband tussen die gebruik van parasetamol gedurende swangerskap en outisme by kinders nie. Hy verwys na ‘n uitgebreide studie in Swede in 2024 met 2,4-miljoen kinders, wat nie sulke bewerings kon bevestig nie. Hy sê mense moet hulle nie aan Trump steur nie en eerder die mediese wetenskap en die bewyse volg.