Skip to content

Krieket: Geliefde skeidsregter Dickie Bird sterf op 92-jarige ouderdom

# Krieket: Die geliefde voormalige toetsskeidsregter, Harold “Dickie” Bird is in die ouderdom van 92 dood. Bird was een van die bekendste en mees gerespekteerde beamptes in die spel en was skeidsregter in 66-toetse en 69-eendag, internasionale wedstryde, insluitend drie wêreldbekereindstryde. Yorkshire het ‘n verklaring op hulle webblad geplaas waar hulle hom beskryf as: “een van krieket se mees beminde karakters” en sê hy is rustig by sy huis oorlede. Bird het vir die graafskappe Yorkshire en Leicestershire krieket gespeel, maar het as internasionale skeidsregter beroemd geword.