# Die Johannesburg Ontwikkelingsagentskap sê die Selby Bus Rapid Transit-depot, wat die doeltreffendheid en betroubaarheid van die Rea Vaya BRT-stelsel moet versterk, is byna voltooi. Die Selby-depot is ontwerp om tot 270 busse te hanteer en bied geriewe vir groot en klein onderhoud wat aan voertuie wat aan of van diens is, gedoen moet word. Die hoof van die ontwikkelingsagentskap, Themba Mathibe, sê bouwerk fokus nou op die voltooiing van die administratiewe blok wat nuwe kantore, raadsale en vergadersale, ʼn kantien en ʼn gimnasium vir personeel insluit.