Skip to content

VF Plus verwelkom konsep- Nasionale Ondernemerskapstrategie

# Die Vryheidsfront Plus sê die Kabinet se publikasie van die konsep- Nasionale Ondernemerskapstrategie en die instellingsplan vir openbare deelname is ‘n positiewe stap in die bekamping van werkloosheid. Die strategie is daarop gemik om die betrokkenheid van jongmense en histories benadeelde besighede in die ekonomie te verbeter deur entrepreneurskap te bevorder en die volhoubaarheid van mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings te verseker. Kobus van den Berg van die VF Plus sê die plan is van toepassing op entrepreneurs uit alle gebiede en rassegroepe, en moet ontwikkel word om volhoubaar meer werksgeleenthede te skep.