Skip to content

Netbal: Baba-Proteas oorheers Trinidad en Tobago vir tweede oorwinning by 2025 Netbal-wêreldjeugbeker

# Netbal: Die Baba-Proteas het hulle tweede oorwinning by die 2025 Netbal-wêreldjeugbeker in Gibraltar, Spanje in Groep D ingepalm. Hulle het Trinidad en Tobago vanoggend met 105-15 verslaan. Suid-Afrika het slegs drie doele in die eerste kwart van die wedstryd afgestaan en het teen halftyd met 57-0 voorgeloop. Hulle het Saterdag hulle toernooi begin met ‘n oorwinning van 102-27 oor Barbados. Kaptein Phophi Nematangari sê ‘n oorwinning môre teen Malawi kan hulle ‘n plek onder die laaste agt spanne in die toernooi besorg.