Skip to content

Sokker: Adidas neem oor by Le Coq Sportif as Bafana- en Banyana-klereborg

# Sokker: Adidas is gereed om Le Coq Sportif vanaf 1 Januarie volgende jaar as die borg van die nasionale sokkerspanne Bafana Bafana en Banyana Banyana te vervang. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Lydia Monyepao, het bevestig die nuwe klereborg sal binnekort deur die Nasionale Uitvoerende Komitee goedgekeur word. Adidas het tussen 1998 en 2011 ‘n vennootskap met SAFA gehad, en het teenstanders Nike, Puma, Macron, en Kappa uitgeskakel. Le Coq Sportif se kontrak eindig op 31 Desember.