# Krieket: Quinton de Kock is by die Proteas se T20 en eendag-groep ingesluit om in Oktober en November teen Pakistan en Namibië te speel. Die 32-jarige paaltjiewagter, wat na die 2023 Wêreldbeker uitgetree het uit eendagkrieket, het sy besluit herroep en sy begeerte uitgespreek om die Proteas in albei die witbalformate te verteenwoordig. David Miller is die kaptein vir die T20-groep, en Matthew Breetzke sal die eendagspan aanvoer. Donovan Ferreira is Protea-kaptein gedurende die T20-wedstryd op 11 Oktober teen Namibië in Windhoek.
Krieket: Quinton de Kock is terug by Proteas vir witbalkrieket