Skip to content

Atletiek: Wayde van Niekerk prys Suid-Afrika se aflosspan

# Atletiek: Wayde van Niekerk, wat deel was van Suid-Afrika se 4×400 meter-aflosspan, is vol lof vir sy spanmaats by die Wêreld-atletiekkampioenskap waar hulle die bronsmedalje verower het. Span SA se Lyth Pillay, Zakithi Nene, Udemy Okon en Van Niekerk was derde na Botswana en Amerika. Van Niekerk sê ná ʼn lang medalje-droogte, was dit ʼn voorreg om deel van die span te wees, en hy is dankbaar vir sy spanmaats se motivering.