Skip to content

President Ramaphosa herhaal SA se oproep tot hervorming van die VN-Veiligheidsraad

# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika staan by sy oproep vir die hervorming van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en globale realiteite moet beter weerspieël word. Die president is hierdie week by die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief gesê die huidige samestelling van die raad en sy besluite ondermyn die gees van wêreldwye samewerking. Hy sê pogings tot hervorming, insluitend voorstelle om die permanente lidmaatskap van die raad uit te brei, het vasgeval en hernuwing moet plaavind.