# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batohi, sê sy is bekommerd oor die veiligheid van aanklaers. Sy sê minstens 34-miljoen-rand word jaarliks aan die beskerming van staatsadvokate bestee. Dit sluit 24-uur regstreekse beskerming in waar iemand tydens hoëprofielsake by hul huise geplaas word. Vyf aanklaers is die afgelope vyf jaar in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap doodgeskiet. Batohi sê, ondanks die gevare is baie aanklaers vasberade om aan te hou werk.
Batohi sê minstens R34-miljoen word jaarliks aan beskerming van staatsadvokate bestee