Skip to content

Rugby: Engeland klop begeesterde Frankryk in Wêreldbeker-halfeindstryd

# Rugby: Engeland het gister ‘n begeesterde Frankryk met 35-17 in hul Vrouewêreldbeker-halfeindstryd in Bristol geklop. Die gasvroue is nou in hul sewende agtereenvolgende eindstryd en mik om die Wêreldbeker vir die eerste keer sedert 2014 te wen. Engeland is in vyf van hul laaste ses eindstrydwedstryde deur Nieu-Seeland geklop en kom nou teen Kanada, die wêreld se naasbeste span, te staan in volgende Saterdag se eindstryd voor ‘n stampvol Twickenham-stadion met 82-duisend ondersteuners. Die Kanadese het die verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, se 11-jaar lange onoorwonne lopie beëindig met ‘n uitstekende oorwinning van 34-19 in Vrydag se eerste halfeindstryd.