# Die Oekraïense president Volodymyr Zelensky sê drie mense is oornag dood en tientalle beseer in een van Rusland se grootste aanvalle van die oorlog. Die Oekraïense leier sê Moskou het 40 kruis- en ballistiese missiele en ongeveer 580 hommeltuie van verskillende tipes lanseer. Zelensky sê elke aanval is nie ‘n militêre noodsaaklikheid nie, maar ‘n doelbewuste strategie deur Rusland om burgerlikes te intimideer en Oekraïense infrastruktuur te vernietig. Hy het ‘n sterk internasionale reaksie versoek. Dit was die meeste missiele en hommeltuie wat deur Rusland op Oekraïne afgevuur is sedert Februarie 2022.
Drie dood en tientalle beseer in Russiese oornag-aanvalle op Oekraïne