# ‘n Federale regter in Florida het president Donald Trump se laster-eis teen The New York Times verwerp omdat hy nie federale reëls vir die indiening van siviele eise gevolg het nie. Regter Steven D. Merryday het gesê ‘n klag is nie veronderstel om “‘n megafoon vir openbare betrekkinge” te wees nie en het die Trump-aansoek “beslis onbehoorlik en ontoelaatbaar” genoem. Merryday het gesê Trump se regspan kan weer in die volgende vier weke indien, maar die klag moet tot 40 bladsye of minder beperk word. In die uitgerekte geding word die Times beskuldig dat hulle ‘n “virtuele spreekbuis” vir die Demokratiese Party is. Trump eis 260-miljard-rand in skadevergoeding.
Regter verwerp Trump se New York Times-regsgeding as ‘beslis onbehoorlik en ontoelaatbaar’