# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube en die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, het tabletrekenaars aan die Forest Village Leadership Academy in Kaapstad oorhandig. Die rekenaars, geskenk deur Primedia, vorm deel van pogings om skole se konnektiwiteit, digitale geletterdheid en onderwys in kodering- en robotika te bevorder. Gwarube sê die projek, in vennootskap met die privaat sektor, is daarop gemik om die digitale kloof te oorbrug en te verseker geen leerder word agtergelaat nie: