# Israel het die enigste toegangspoort tussen die Israel-besette Wesoewer en Jordanië tot verdere kennisgewing gesluit. Dit volg na ‘n vragmotorbestuurder wat humanitêre hulp van Jordanië vir Gaza vervoer het, Donderdag losgebrand het en twee Israelse militêre lede doodgeskiet het. Die Allenby-brug is ‘n kernroete tussen Jordanië en Israel en die enigste deurgang vir meer as drie-mijoen Palestyne in die Wesoewer om na Jordanië en die wêreld te beweeg. Die twee kruisings tussen Israel en Jordanië is ook geraak, met die Jordaanrivier-kruising wat gesluit is en die Rabin-kruising wat slegs vir werkers oopgestel is.