Skip to content

Motorsport: Hamilton optimisties oor ontwykende eerste podiumplek vir Ferrari

# Motorsport: Lewis Hamilton bly optimisties dat hy nog vanjaar sy eerste podiumplek vir Ferrari kan behaal. Die sewemalige wêreldkampioen het voor die naweek se Azerbeidjan Grand Prix beklemtoon dat ‘n oorwinning onwaarskynlik is, maar dat ‘n plek onder die eerste drie in die laaste agt wedrenne realisties is. Hamilton het nog nooit vantevore ‘n seisoen sonder ‘n podiumplek voltooi nie. Hy word toenemend gekritiseer oor sy swakker vertonings, ondermeer ‘n waarskuwing deur die voormalige F1-baas Bernie Ecclestone om eerder uit te tree voor hy vergeet word.