# Hamas sê eerste minister Benjamin Netanyahu se grondinval op Gazastad beteken Israel het geen kans meer om gyselaars, lewend of dood, uit die gebied te kry nie. Van die 48 gyselaars wat nog in Gaza aangehou word, lewe 20 vermoedelik nog. Israel het Woensdag sy inval op die buitewyke van Gazastad begin. Meer as 100 Palestyne is dood en minstens 17 huise, woonstelle en ʼn moskee is vernietig. Hamas sê hulle maak gereed om te veg en waarsku Gaza sal ʼn begraafplaas wees vir Israelse soldate.
Hamas sê Netanyahu het gyselaars se doodsvonnis uitgespreek met aanslag op Gazastad