# Die DA-parlementslid, Dianne Kohler Barnard, verwerp die bewerings wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, teen haar gemaak het. Hy het gister voor die Madlanga-ondersoekkommissie getuig en beweer Kohler Barnard en die National Coloured Congress se LP, Fadiel Adams, het vir politieke voordeel by intelligensiebedrywighede ingemeng. Hy beskuldig Kohler Barnard dat sy by ʼn misdaadsindikaat betrokke is en haar posisie gebruik om openbare aanvalle op die Misdaadintelligensie-eenheid aan te hits. Kohler Barnard sê die bewerings is verregaande, lasterlik en ongegrond:
DA-LP Dianne Kohler Barnard verwerp Mkhwanazi se bewerings teen haar [KLANK]
ENG BarnardOnAllegations