# Krieket: Die vrouespanne van Suid-Afrika en Pakistan keer vandag terug na Lahore vir die tweede eendagwedstryd, nadat die Proteas die eerste ontmoeting met agt paaltjies gewen het. Die gasvroue het ‘n goeie 255 vir vier aangeteken, maar Marizanne Kapp en Tazmin Brits het albei onoorwonne honderdtalle aangeteken en die besoekers gehelp om maklik die teiken te bereik. Die laaste eendagwedstyd word Maandag op dieselfde veld gespeel, waarna die spanne hulle opwarmingswedstryde begin vir die Eendagwêreldbekertoernooi wat die 30ste in Indië en Sri Lanka begin.
Krieket: Proteas en Pakistan speel vandag teen mekaar in die tweede eendagwedstryd in Lahore