Skip to content

Drie mans sterf in nog ‘n bendeverwante skietery in Mitchells Plain

# Die polisie se teen-bende-eenheid in Kaapstad ondersoek nog ‘n dodelike skietery nadat drie mans, onderskeidelik 20-, 23- en 32-jaar oud, gisteraand in Westridge in Mitchells Plain dood is. ‘n Polisiewoordvoerder sê die skietery is na berigte bendeverwant. Die jongste moorde was op die vooraand van vandag se debat in die provinsiale wetgewer oor die toenemende geweldsmisdade in die Wes-Kaap en die verwoestende uitwerking daarvan op gemeenskappe. Verskeie skietvoorvalle wat vermoedelik verskeie mededingende bendes betrek, is gister ook in Manenberg aangemeld.