# Tennis: Die gewese Keniaanse Davisbekerspeler Eno Polo is die nuwe uitvoerende hoof van die beheerliggaam vir die mans-beroepspel, die ATP. Die 58-jarige Polo volg Massimo Calvelli op nadat die Italianer in Junie ná vyf jaar in die rol bedank het. Polo sal toesig hou oor die ATP se wêreldwye bedrywighede en die OneVision-hervormingsplan voortsit. Dié plan moet die sport laat groei, meer aanhangers lok en verhoogde waarde vir spelers, toernooie en vennote in die lang termyn lewer.
Tennis: ATP het ‘n nuwe uitvoerende bestuurder, gewese Keniaanse Davisbeker-speler Eno Polo