Skip to content

Krieket: Australiese afrigter glo beseerde kaptein, Cummins, sal reg wees vir reeks om die As teen Engeland

# Krieket: Die hoofafrigter van Australië, Andrew McDonald, glo kaptein, Pat Cummins, sal fiks wees om ‘n belangrike rol te speel in die reeks om die As teen Engeland. Die snelbouler herstel steeds van ‘n lae-rug besering, maar McDonald sê hy behoort gereed te wees om ten minste in sommige van die vyf toetse te speel. Hy sê daar is nog heelwat tyd voor die eerste toets wat op 21 November in Perth begin. Cummins sal nie in volgende maand se witbal-reeks teen Nieu-Seeland en Indië speel nie.